Gedagte vir die dag: Niks kan ons skei

hawaii-berge_wolke_valleie_Pixabay_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of bose magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here. (Romeine 8:38–39)

Wanneer jy eenmaal die diepte en die wydte en die krag van God se liefde vir jou ervaar het, wanneer jy eenmaal jou hart vir Hom oop­gemaak, jou sonde bely en Jesus se kruisdood as betaling vir jou sondes aanvaar het, kan niks jou van God se liefde skei nie. Wanneer jy met jou hart glo en met jou mond bely en uit dankbaarheid gehoorsaam is aan sy opdragte, kan niks jou van sy liefde skei nie.

Paulus maak ’n lys van dinge wat hom bang maak. Maak jou eie lysie. Moet niks vir jouself of vir God wegsteek nie. Bekyk dit goed en besluit of jy met die almagtige God aan jou kant nog bang is. Skeur dan die lysie op en dink nooit weer daaraan nie. Jesus het immers die grootste vyand wat daar is, naamlik die dood, vir ons oorwin. Manlik of vroulik, niemand is uitgesluit nie. Jesus sê dit reeds voor sy dood en opstanding vir Lasarus se suster Marta: ‘Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook, en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit?’ (Joh 11:25).

Glo jý dit? Hy wil dit met sy liefde bevestig.

Hou u liefde oor ons, Here, want ons stel ons vertroue in U (Ps 33:22).

Bron:
Liefde vir elke dag deur Helena Hugo
Uitgewer: Struik Christian Media

Boeke deur Helena Hugo is nou beskikbaar by CUM Boeke
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digital 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

ElgeraineR ·

n Wonderlike gemoedsrus om te weet NIKS kan ons van God se liefde skei nie. Watter voorreg! Dankie Here

Pete ·

Dit is ‘n groot waarheid maar ook ‘n halwe een; hierdie vers word baie gekwoteer, net soos Jer 29:11. Lees gerus Jer 29:12-14, sien die Terme & Voordwaardes. Terwyl niks ons kan skei van Sy Liefde nie, is dit baie maklik om Sy guns mis te loop, as indiwidu, as gesin, as familie, as kerk, as volk selfs. Ons moet leer om te gehoorsaam, bestudeer die boek Job intiem. https://petehendriksson.wordpress.com/2016/07/28/why-whites-in-africa/ Ek skryf in Engels want mense lees nie my Afrikaans nie, maar wel die Engels verbasend graag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.