Een ding weet ek vas en seker: Niks kan ons ooit van Christus se liefde skei nie. Nie dood of lewe of engele of duiwelse magte nie; nie ons vrees vir vandag of ons kommer oor môre nie; ook nie bo-aardse magte nie. Ja, hoegenaamd niks sal ons ooit kan skei van die liefde wat God in Christus Jesus ons Here vir ons het nie. (Romeine 8:38, 39)
Gister se teksvers, saam met vandag s’n, moet onder die opskrif “liefde” gelees word. Wat ook al gebeur, hoe ek ook al voel, alles maar alles word oorskadu deur God se liefde vir my.
Dit is vir ons baie moeilik om slegte omstandighede met liefde te assosieer. Ons vereenselwig liefde met ’n gevoel van genoegdoening, tevredenheid, vervuldheid. Slegte omstandighede gaan gepaard met pyn, onrustigheid, ontwrigting. Wat het dit met liefde te doen? Dit het vir seker met liefde te doen, met God se lief de. Dis die liefde van ’n versorgende Vader. Dit is soos die liefde van ’n ma wat haar huilende kind styf teen haar vasdruk. Dis die liefde van omgee en vertroetel. Niks in die hemel of op die aarde kan ons van daardie Goddelike liefde skei nie.
Sodra ons oor God se liefde praat, dink ons aan Jesus. Ons sien God se liefde in die Persoon en werk van Jesus, tot daar waar Hy sy lewe vir ons aflê, uit liefde.
Ek is gister en vandag nie op ‘n goeie plek nie. Baie dankie vir hierdie stukkie – ek het dit so nodig gehad.
Haleluja,Amen!! God is liefde,Hy waak oor ons met Sy liefde.Prys Sy Naam, met eer en sagmoedigheid. Dankie Jesus vir U kruishout met vol liefde!!!
Die woord “niks” is kommerwekend. Daar is uit die aard van die saak baie wat ons kan skei van sy liefde. Tragedies soos moord, diefstal, haat en familie-tragedie is enkele voorbeelde hiervan…
My vraag is net hoekom is ons dan so bang vir alles wat nou in die wereld gebeur want as ons hierdie versekering het is ons geloof dan so klein as ons bang is terwyl God vir ons se dat “Niks ons van Sy liefde kan skei nie” as ons se ons is Christine dan moet ons dit glo en uitleef