
Foto: pixabay.com
As ek maar geweet het waar om God te vind, sou ek na sy woonplek toe gaan. (Job 23:3)
Een van die bemoedigende feite oor ons geestelike honger is dat God steeds wag om elke mens se geestelike honger en heimwee te vervul.
Die evangelieboodskap is juis dat ons hemelse Vader wag om elke kind van Hom te ontvang tot ’n vol en verrykende eenheid met Homself. Dis sy innige begeerte vir alle mense, en vir hierdie doel het Hy Jesus Christus na die aarde toe gestuur.
Om hierdie ryke eenheid te beleef moet jy van jou koppige ongehoorsaamheid aan God wegdraai en deur geloof die geskenk van Jesus die Verlosser aanneem. Laat sy Gees toe om jou lewe binne te kom sodat Jesus in jou kan leef.
Deur u onvoorwaardelik in my lewe aan te neem, Here, gaan ek ’n geestelike eenheid met my hemelse Vader binne. Ek loof en dank U daarvoor. Amen.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie Here vir al U genade en seëninge. Amen !
Amen.