Gedagte vir die dag: Noem Hom “Vader”

Gelukkig_vrou_natuur_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Die Gees in ons roep na God: “Abba!” – wat die Aramese woord is vir “Vader”. Jy is dus nie meer voortdurend slaaf nie, maar kind. (Galasiërs 4:6)

Die tema van die Nuwe Testament is dat God die mens so innig liefhet dat Hy sy enigste Seun geoffer het om die mens met Hom te versoen. Daardeur het Hy die mens weer gemaak wat God oorspronklik bedoel het dat hy moet wees.

Jy het soveel onuitspreeklike waarde in die oë van God dat Hy jou nooi om Hom “Vader” te noem. En omdat jy vir God soveel waarde het, mag jy nooit neerhalend oor jouself dink of praat nie. Jy word geroep om jou sondige verlede agter te laat en jou kindskap van God op te eis.

Vader-God, oortuig my dat ek ’n kind van my hemel se Vader is en lei my tot ’n lewe van oorwinning. Amen.

Bron: My gunsteling Bybel oordenkings
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kiewiet ·

Baie waar
,Probleem is waar iemand n slegte aardse Vader as vb het hulle assosieer baie moeilik met Vader . Daarom is die atonement teorie van redding nie altyd n goeie verduideliking en Incarnation teorie wat deur John Scotus voorgestel is so uitstekende model

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.