Gedagte vir die dag: Nog voor jy roep

vrou_stiltetyd_gebed_genade.jpg

Foto: crosswalk.com

Ek sal hulle antwoord nog voor hulle na My roep. Terwyl hulle vra, sal Ek hulle gebede verhoor. (Jesaja 65:24)

Ons besef nie altyd dat hierdie woorde waar was, en is, en sal wees nie. Ons is so besig met ons eie dinge dat ons skaars raaksien hoe ons goeie God daagliks in ons lewe ingryp, dat Hy nie net oor ons waghou nie, maar ook doelbewus en bonatuurlik vir ons beplan en voorsien. Hy voorsien in ons behoeftes nog voordat ons weet ons het behoeftes.

Wanneer jy egter bewus is van jou behoefte omdat dit bitter proe en soos neerlaag ruik en soos vrees voel, dan moet jy dapper vasklou aan die wete dat Hy jou al verhoor het nog voordat jy na Hom geroep het vanuit jou nood.

Kan jy ’n tyd onthou toe God in sy genade in ’n behoefte begin vervul het wat jy nooit besef het jy sou hê nie?

Dankie, Here, dat U alreeds in my toekoms is sodat alles tot u eer en my beswil sal uitwerk. Dankie dat U my huidige en toekomstige behoeftes ken, en dat U sal antwoord nog voor ek na U roep. Amen

Bron:
Omvou deur genade deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sandra ·

Thank you Lord, that you always confirm your promises. Thank you Maroela Media most mornings I log on to read the devotions and it is always encouraging.

Adolf ·

Dankie Vader vir U belofte dat U alreeds weet wat ons nodig het voor ons vir U vra. Want U woord se in 1 Petrus 5: 7 -” Werp al julle bekommrenisse op Hom, want Hy sorg vir julle”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.