Gedagte vir die dag: Nooit ’n vervelige oomblik nie 

Argieffoto (Foto: ELTC, Pixabay)

Sy weerligte verlig die wêreld. Die aarde sien dit en bewe (Psalm 97:4)

Dalk is jy op ’n eksotiese avontuur terwyl jy hierdie stukkie lees. Jy het so pas hierdie boek uit jou rugsak gehaal. Jy is op ’n trein wat deur Europa of Oos-Afrika spoed. Sjoe, ek hoop so! Maar die kans is groter dat jy hierdie boek met ’n sug gebore uit plig oopgemaak het omdat jy weet dit is in jou beste belang om “stiltetyd” te hou al is jy moeg en gespanne oor die vergadering later vandag, of al het jou peuter ’n hoë koors of al werk die wasmasjien se spinsiklus al weer nie, wat al die wasgoed druipnat uit die masjien laat kom. Daar is niks eksoties of avontuurliks aan jou lewe vandag nie. Jy is nêrens heen op pad nie.

Ek wil vir jou sê jy is verkeerd.

Want jy reis deur tyd, die hele tyd, en al weet jy nie watter dag dit is nie, gaan jy een keer per jaar verby die toekomstige herdenkingsdag van jou dood. Sommige dae se reis voel eksoties en vol avontuur, en ander dae se reis voel frustrerend stadig, selfs sinloos. Maar jy is steeds aan die beweeg. As God nie meer vir jou ’n plek gehad het om heen te gaan en waar jy moes wees nie, sou Hy jou reeds na jou reis se eindbestemming geneem het. Vra Hom om jou te help om die lewe te sien soos Hy dit sien, sodat jy die wonder in die eentonige sal raaksien en jou energie sal herwin om die heel beste van die reis te maak.

Here, maak my oë vandag oop vir die landskappe wat by my verbyflits. Amen.

Bron: Reis lig deur die lewe deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johan ·

Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie vir al U genade en seëninge. Amen !

Von ·

Here Jesus die lewens reis is soms baie uitdagend omdat ek verkeerde keuses gemaak het maar nogtans vergesel U my…is ek nooit alleen nie….dankie vir al die seen vir die kosbare reen U Naam ter ere

Stephanie ·

Elke oomblik van elke dag kom uit GOD se hand en is nie “sommer net” nog n oomblik nie – hulle is elkeen vooraf beplan en goedgekeur vir elke individu. Dis “lekker” om besig te wees, maar stil tye is “vervelig”. Asb, geniet d stil tye deur met jou skepper te praat en Hom te dank vir ALLES in jou lewe. Daar is mense wat jou “vervelige” tye wat jy omwens graag by jou sou wou koop om te voeg by die van n geliefde wat “te vroeg” weggeneem is. En onthou, jy kan géén sekonde ooit weer terugkry nie – hulle is onherroepelik verby. Waardeer elke oomblik van die lewe – goud of roet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.