Gedagte vir die dag: Noudat ek nie daar is nie …

mense_natuur_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

My geliefdes, julle was altyd baie gehoorsaam toe ek by julle was. Noudat ek weg is, moet julle nog meer gehoorsaam wees. Vol ontsag en eerbied vir God moet julle voortgaan om aan julle verlossing gestalte te gee. Dis mos God wat die gewilligheid en die vermoë in julle bewerk om te handel volgens wat Hy graag wil hê! (Filippense 2:12-13)          

Dit is maklik om ’n Christen te wees solank jy tussen ander Christene is, nie waar nie? Ons weet gewoonlik wat van ons verwag word en wat taboe is. Dit is egter nie altyd so maklik wanneer ons omring word deur ongelowiges nie. Het jy al in situasies beland waarvan jy nie deel wou wees nie? Miskien is jy in die versoeking gebring deur ander sondige voorstelle waaraan jy maklik sou kon toegee omdat “niemand daarvan sou weet nie”.

Die probleem is net dat minstens twee persone wel sal weet: jy en God. In hierdie deel van die Filippensebrief sê Paulus dat ons vir Christus moet lewe, ongeag wie daarvan weet en wie nié. Ons moet altyd ons gedrag kan verantwoord waar ons ook al is. Daarom moet ons op alle plekke en te alle tye God gehoorsaam met diepe respek en ontsag.

Om dit te doen, sal nie altyd maklik wees nie. Dit kan beteken dat jy “uit” sal voel in sekere groepe. Dit kan van jou vra om te kies om Hom te gehoorsaam, al is die versoeking om ongehoorsaam te wees, sterk en volgehoue. Die goeie nuus is dat God self ons gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer.”

Lewe jy konsekwent soos ’n Christen, ongeag waar jy is of wie saam met jou is – of nié daar is om jou dop te hou nie? Indien dit nie die geval is nie – wat in jou lewe sal moet verander?

Bron:
My Stiltetyd-Oordenking
Uitgewer: Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Dorothy ·

Dankie Liewe Jesus vir die Heilige Gees wat in ons woon. Amen!

Koos ·

Groot fout om te beweer ongelowiges is die wat moreel bankrot is. Dit is meestal gelowiges wat hul daaraan skuldig maak. Vat Watson as n voorbeeld.

Dries ·

Gelowiges roem nie daarop om beter as ander te wees nie, gelowiges roem op GOD se genade, nie op jou eie goedheid nie, maar hoemeer jy GOD se genade ervaar, hoemeer sal jy vrugte van dankbaarheid toon. Die verskil trussen gelowiges en ongelowiges is God se genade. Dit behoort mens te Dreyfus tot goeie lewe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.