Gedagte vir die dag:  Nuutgemaak

God-Se-Wil_rainbow-142701_1280.jpg

Argieffoto (Foto: werner22brigitte, Pixabay)

Lees Numeri 24:15-19

“… die openbaring aan ’n man wie se oë geopen is … wat die woorde van God hoor, wat sy kennis ontvang het van die Allerhoogste …” (Numeri 15-16)

Bileam. Dit is die man wat hier aan die woord kom. Getroue Bybellesers sal verskoon word as hulle maar half teësinnig na dié man luister; hy is immers die een wat sy donkie so geslaan het dat dié luidkeels geprotesteer het (vgl. Num 22:22-35).

Maar donkieslaners is net mense … Wat om verskoning kan vra (vgl. Num 22:34) en wat opnuut deur die Here in diens geneem word (vgl. Num 22:35) en wat dan, soos die Here hulle voorsê, op ’n ander manier begin optree.

Én anders praat as wat hulle gewoond was om te praat. Tot die ontsteltenis van diegene wat daarop staatmaak dat die óú Bileam aan die woord kom. Die ontevrede Balak skel op Bileam: “Ek het jou laat kom om my vyande te vervloek, en jy het hulle nou al drie keer geseën. Maak dat jy wegkom …” (Num 24:10-11).

Só gaan dit maar met mense wat ’n ontmoeting (al was dit ook ’n hartseer konfrontasie) met die Here gehad het: Hulle is nie meer dieselfde mense as voorheen nie. En dikwels betaal hulle ook die prys daarvoor. Dit is nie goedkoop om die Here te gehoorsaam nie. Maar hulle weet dat hul oë nou geopen is, dat hulle daarom anders kyk. Dat hul woorde van God kom, en dat hulle daarom anders praat. En omdat hul kennis van Bo kom, weet hulle hoe om hier onder te lewe.

Ja, Bileam sien nou wat hy nooit kon droom om te sien nie, en vreesloos verkondig hy dit. So gaan dit met mense met wie God aan die werk is.

Ook met my hou U nooit op nie, Here. Soms maak dit my moeg – maar altyd, áltyd bly..

Bron:  Uit die Beek 2019 deur Barend Vos
Uitgewer: Lux Verbi

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Christo

Wat ‘n gedagte…Dit maak ‘n mense sommer weer hoop kry.

Johan

Dankie Here dat U in ons lewens is. Amen !

S.Meyer

En hoe meer mens Sy grootheid insien en beleef – hoe meer begryp mens die waarde van Sy liefde, genade en sorg deur Sy Seun.