Gedagte vir die dag: Nuutgemaak

Vrou_strand_stiltetyd_lees-Bybel_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

As jy op wysheid afgekom het, is daar vir jou ’n toekoms. Jou hoop sal nie verydel word nie. (Spreuke 24:14)

Julle is van God afkomstig en julle het hulle reeds oorwin omdat die Gees wat in julle woon, magtiger is as die gees wat in die wêreld woon. (1 Johannes 4:4)

Jy as mens kan nie regtig wys wees nie; jy het God se wysheid nodig. Jy kan nie regtig goed, of eerlik, of vredeliewend wees sonder dat jy van binne verander is nie. Jy is gebore met ’n sondige aard – ’n begeerte en geneigdheid om te sondig en die verkeerde te doen. Wanneer jy vir God vra om jou lewe te verander, kom leef sy Gees in jou en Hy help jou om teen jou sondige natuur te veg. Jy kan goed en eerlik en vredeliewend wees omdat die Gees in jou woon.

Het jy die Heilige Gees gevra om in jou te woon en jou die mens te maak wat Hy wil hê jy moet wees?

Bron: Geanker in genade – ‘n Samestelling
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Die lied: Gees van God wat lewend maak, vul my meer en meer…..en vorm my tot U eer…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.