Gedagte vir die dag: Nuwe paaie

Stofpad_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ek gaan iets nuuts doen. Dit het alreeds begin gebeur! Sien julle dit nie? Ek maak ’n pad deur die woestyn vir my volk om huis toe te kom! Ek maak vir hulle riviere in die woestyn! (Jesaja 43:19)

Soms kry ek ’n skokkende kykie op die neurologiese bane wat reeds in die brein en harte van my kinders gevorm is. En dan wonder ek oor die bane wat reeds in my gevorm het. Ek sien hoe ek hulle gedagtes by ’n nooduitgang uitdwing. Want wanneer my seuns baklei, skree ek: “Hou op baklei!” Hulle kerm en ek dreig: “Hou op kerm.” Hulle spoel motte in die toilet af en ek sê: “Moenie! Moenie!” Dan stap hulle agteruit op daardie selfde paaie en maak die groewe net al hoe dieper. En dan is ons terug waar ons begin het.

Tog word slegte gewoontes oorwin deur goeies en ek moet vir my kinders nuwe neurologiese bane aanwys – en nuwe bane van my eie vind. Ons moet maniere vind om weg te stap van die groewe wat ons so vasbeslote uitgegrawe het. Ons moet ’n uitweg vind.

Wanneer hulle kerm en stry, sê ek dus: “Noem vir my drie dinge waarvoor julle dankbaar is.” Of: “Wat het julle laat lag by die skool vandag?” Kies ’n nuwe pad. Kom ons kies om ’n ompad te neem, weg van die deurgetrapte paaie van ou optredes en gesindhede, sodat ons onbekende hartslande kan vind waar ons maklik kan asemhaal en vry kan leef.

Here, keer dat ek agteruit beweeg in my denke en net weer beland waar ek begin het. Gee aan my die moed om wyse, lewegewende afritte te kies. Amen.

Bron: Reis lig deur die lewe deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johan ·

Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie vir al U genade en seëninge Here. Amen !

Piesang ·

Dis alles ‘n kwessie van keuses. Of die lig of die duisternis. Daars niks tussenin nie. Dit vat egter die meeste “effort” om die regte pad te kies, want ons natuur is die sonde. Dankie tog vir ons GOD se genade en lankmoedigheid!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.