Gedagte vir die dag: Nuwe skoene is ook genade

God

Argieffoto.

Van Bo af kom net goeie, ja, volmaakte gawes. Hulle kom van die Vader wat die hemelligte geskep het. Anders as die hemelligte, staan Hy onbeweeglik vas. Selfs sy skaduwee verskuif nie soos hulle s’n nie. (Jakobus 1:17)

Mark Buchanan vertel van ’n erediens wat hy in Uganda bygewoon het. Daar het een van die vroue hardop ge sê hoe goed Jesus vir haar is. Toe die aanwesiges vra dat sy hulle hiervan moet vertel, sê sy: “For three months I prayed to the Lord for shoes. And look!” Net daar wys die vroutjie haar doodgewone skoene vir almal.

Dadelik het al die gelowiges God hardop gedank en saam met haar feesgevier oor haar nuwe skoene.

Buchanan skryf hy was die enigste persoon wat daardie dag nie uitbundig saamgesing het nie. Hy het te skaam gekry. In Kanada waar hy bly, bid niemand drie maande lank vir ’n nuwe paar skoene nie. Nog minder sê enigiemand vir God hardop dankie wanneer hulle nuwes kry.

Toe kry ek ook skaam, want my kas is propvol skoene en klere. Lyk my dis tyd om te deel en dankbaar te wees vir God se guns.

Bron:
Op God se genadepad deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Chris ·

Elke asemhaling is slegs Genade en kan aan niks anders toegewys word nie. Sit Barmhartigheid en Seen daarby en jy ervaar die volkome Liefde van ons Hemelse Vader.

Ansa ·

Om te bid en te glo God sal jou gebede verander is wonderlik Gebed is my passie om ja te se vir die nabyheid van die Heilige Gees. Ek het dit gebed verhoring al so baie ervaar dit is wonderlik Dankie God daarvoor

elize ·

ja om dakbaar te wees is net ganade ek soms sukkel om om my te kyk en te wardeer veral as dinge deurmekaar em moeilik is maar ja ek moet dankbaar wees God doen baie dinge vir ons maar ek raak te besig en te kwaai om dit te sien jammer Here ek sal harde probeer en dankie vir alles en vir dit wat U nog gaan doen baie dankie

Moedeloos ·

Dis vir my altyd so mooi wanneer mense getuig dat die Here hul gebede telkemale verhoor. Ek wens dat dit ook met my kan gebeur. Ek bid al 8 maande vir een ding. NET een ding. Maar kry net stilte. Hoekom?

rina ·

jip, ek het ook nuwe skoene gekry. Let wel, gekry. Dankie daarvoor.

Landi Slatter ·

Dagsê Danie

Die “Gedagte vir die dag” word saamgestel uit boeke wat die uitgewer aan ons beskikbaar stel (sien die bron onderaan elke “Gedagte vir die dag”). Van die skrywers sluit dus wel ‘n gebed in, en dan publiseer ons dit só. Wanneer die skrywer nie ‘n daaglikse gebed in die oorspronklike boek ingesluit het nie, is dit dus ongelukkig ook nie hier op Maroela beskikbaar nie.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.