Gedagte vir die dag: Oggend

Vrou_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Vul ons met u genade in die oggend, dan sing ons van vreugde al ons dae. (Psalm 90:14)

Wanneer jy aan die begin van die dag vir ’n paar oomblikke stil voor God gaan sit, jou siel stilmaak en na die Gees luister, verander alles. Alles verander wanneer jy die dag begin deur jou afhanklikheid van Christus vir elke aktiwiteit te erken.

Onthou dan om ook te bid. Onthou hoe. Onthou om elke dag vir ’n oomblik by God te gaan sit. Om te luister na sy Gees. Om jou siel stil te maak.

Dis goed om God se Woord te bestudeer. Dis goed om na preke te luister of boeke te lees oor hoe jy Christus se leringe op jou lewe kan toepas. Nogtans kan niks die plek inneem van om by Hom te sit nie. Niks kan vervang dat jy teenoor God bely hoe nodig jy Hom het nie. Niks kan sy plek inneem nie. Niks kan stille gebed vervang nie.

Bron:
Stil oomblikke met God – vir jong vroue deur Amanda Cowles
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.