Gedagte vir die dag: Die olie van God se genade     

Olie_lamp_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Olie vir die lampe (Eksodus 25:6)          

Ons het almal die olie van God se genade nodig. Ons lampe sal nie daarsonder brand nie. Daar is geen oliebron in onsself nie; daarom moet ons uitgaan en nog gaan kry.

Slegs die beste olie was goed genoeg om in God se diens gebruik te word. Net so kan die ware gelowige nie tevrede wees met die nagemaakte genade van dié wat sê ons is van nature goed nie. Nee, ons kry ons olie by die Een wat dit by Getsemane uitgedruk het. God se olie is ware genade.

Ons lig is helder. Ons kerke is die Verlosser se kandelaar en hulle sal hope genade nodig hê om in hierdie donker wêreld te skyn. Ons moet bid dat ons altyd genoeg voorraad van God se genade-olie sal hê.

Bron: Elke nuwe dag deur Charles H. Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HOBBO ·

Dankie vir hierdie mooi vergelyking. Jammer dat soveel mense hierdie boodskap nie verstaan of kry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.