Gedagte vir die dag: Om diensbaar te wees

windpompe_stiltetyd_Deon-Kotze.jp

Foto: Doen Kotze

Doen julle werk entoesiasties, asof julle dit vir die Here doen en nie vir mense nie. Julle weet mos dat die Here elke mens wat sy werk goed doen, sal beloon, of dit nou slawe is of vry mense. (Efesiërs 6:7-8)    

Wat beteken dit om te dien? “Jou plig vervul” en “vir iemand werk” is maar ’n paar verklarings. Jy kan dien deur die skottelgoed te was of iemand te help met ’n groot taak. ’n Man of vrou kan hul gesin dien deur hard te werk sodat hulle ’n gerieflike huis het om in te bly en genoeg kos en klere. Jy kan jou naaste dien deur vir siek mense iets te vat om te eet. Wanneer ons ons naaste dien, gee ons hulle ’n hupstootjie. Ons help om hulle las ligter te maak en deel dít wat ons het.

Wanneer ons ander mense dien, dien ons vir Jesus. Hy sê: “As julle iets hiervan vir een van my broers of susters gedoen het, selfs al was dit vir die heel eenvoudigste onder hulle, het julle dit vir Mý gedoen” (Matteus 25:40). As ons kos gee vir mense wat honger is, is dit soos om ’n bord kos vir Jesus in te skep. Wanneer ons iemand anders bemoedig, bemoedig ons Hom. Wanneer ons iemand anders se swaar las verlig, haal ons ’n las van sy skouers af.  Ons dien die Here met liefde wanneer ons ander mense liefhet.

Ons hoef nie belonings of dankbaarheid te wil hê nie. Die Here sien en weet wat ons doen en dit maak Hom gelukkig. Ons sal beloon en geseën word as ons aanhou om op Hom te vertrou en Hom te dien.

Here, help ons om U te dien deur ander mense te dien. Amen.

Bron: Hoop vir elke môre deur Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Yvonne

Dankie Heer vir soveel onverdiende genade