Gedagte vir die dag: Om in die geheim tot God te bid

Stiltetyd-31.jpg

Foto verskaf aan Maroela Media

Nee, as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon. (Matteus 6:6)  

Die primêre gedagte ten opsigte van godsdiens is: hou jou oë op God gevestig, nie op mense nie. Die begeerte om as ’n biddende persoon bekend te staan moet nooit jou motivering wees nie. Vind ’n binnekamer waarin jy kan bid sonder dat enigiemand eers weet dat jy besig is om te bid, maak die deur toe en praat in die geheim met God. Sorg dat jy geen ander motivering het as om jou Vader in die hemel te ken nie. Dit is onmoontlik om met jou lewe as dissipel voort te gaan sonder die handhawing van spesifieke tye vir geheime gebed.

Wanneer julle bid, moet julle nie … ’n stortvloed van woorde gebruik nie … ” (Matt. 6:7). God hoor ons nie omdat ons ernstig is in ons gebed nie. Hy hoor ons slegs op grond van ons verlossing. God is nooit beïndruk deur ons erns nie. Gebed is nie slegs ’n middel om iets van God te ontvang nie, dit is maar die mees elementêre vorm van gebed. Gebed is die middel waardeur ek in perfekte gemeenskap en eenheid met God kom. As die Seun van God in ons gevorm is deur die wedergeboorte (vgl. Gal. 4:19), sal Hy voortgaan om ons verby die plek te bring waar ons deur gesonde verstand beheer word en sal ons gesindheid verander ten opsigte van die dinge waarvoor ons bid.

“ … (E)lkeen wat vra, ontvang … ” (Matt. 7:8). Ons bid godsdienstige clichés sonder dat ons wil enigsins betrokke is en sê dan dat God nie geantwoord het nie, maar in werklikheid het ons nog nooit vir iets gevra nie. Jesus het gesê: “ … vra dan net wat julle wil hê … ” (Joh. 15:7). Om te vra beteken dat ons wil betrokke moet wees. Elke keer wanneer Jesus van gebed praat, is dit in wonderlike, kinderlike eenvoud. Dan reageer ons met ons kritiese ingesteldheid en sê: “Ja, maar selfs Jesus het gesê dat ons moet vra.” Onthou egter dat ons dinge van God moet vra wat in lyn is met die God wat Jesus Christus aan ons geopenbaar het.

Bron: My allerbeste vir Sy Hoogste deur Oswald Chamber
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

KaRoOkWaGgA ·

Ek besef opnuut dat gebed berge kan versit. Om nie te bid nie, het dieselfde effek as loadshedding. Mens voel verlore en sonder krag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.