Gedagte vir die dag: Om Jesus te ken

 assisi-annelize.jpg

Standbeeld van St Franciskus van Assisi in Sandamiano, Assisi. Foto: Annelize Brits

Ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. (Filippense 3:8)

Ons kennis van Christus is persoonlik. Ek kan nie staatmaak op iemand anders se verhouding met Jesus nie. Ek moet Hom sélf ken, nie soos ’n dromer dalk oor Hom droom nie, maar soos Hy in die Skrif uitgebeeld word. Ek moet sy menslike sowel as sy Goddelike aard ken. Dit is ’n liefdevolle kennis. As ek Hom hoegenaamd ken, móét ek Hom liefhê.

Ons kennis van Christus is ook bevredigend. Wanneer ek my Verlosser ken, is my gedagtes tot oorlopens toe vol. Ek het dit waarna my siel gesmag het. Hierdie kennis is terselfdertyd opwindend. Hoe meer ek omtrent my Geliefde weet, hoe meer wil ek weet. Gaan sit dus by Jesus se voete en leer Hom ken.

Bron:
Elke Nuwe Dag, Eenminuut-Oordenkings deur Charles Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

jj ·

Dit is so mooi gestel “Gaan sit by Jesus se voete en leer Hom ken”. Dankie vir julle Christelike dagstukkies.

Anesca ·

Baie dankie vir die mooi dag boodskappie, so begin mens n Vrydaa more met moed en krag vir die dag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.