Gedagte vir die dag: Om lewe te spreek

pa_seun_gesels_pixabay_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Die tong het mag oor dood en lewe. (Spreuke 18:21)

Die taal wat ons praat, het ’n geweldige invloed op prosesse in ons onderbewuste denke. Dit bepaal tot ’n baie groot mate beperkende of bemagtigende denke. Ek kan dus my gedrag verander deur my taal (hoe ek taal gebruik) te verander. Positiewe selfspraak lei tot ’n positiewe ingesteldheid en ’n positiewe lewe.

Ons woorde kan ook ander mense stig of ontstig; opbou of afbreek; motiveer of ontmoedig. Ons weet hoeveel kinders is al gebreek deur woorde. Daarteenoor is opbouende woorde vir baie kinders die sleutel tot die lewe.

Gelowiges vind die voedsel vir hulle woorde by God self. Hy is die Een wat lewe gee. Hy vergewe en gee genade. Hy vul ons lewe met sy liefde. Ons is dus napraters van sy lewenswoorde. Voorbeelde van sulke lewenswoorde is: God is teenwoordig; Jy is vergewe; God se genade is groot; Hy is in beheer; God het jou lief; Jy is waardevol; Jy is sy kind.

Ek en jy is draers van God se lewenswoorde. Kom ons vul ons denke en ons gesprekke met sy woorde.

Here, help my om ’n gewoonte daarvan te maak om lewe te spreek. Amen

Bron:
Manne van die Woord deur Jannie Pelser
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Vermeendes ·

Julle is besig om van mense hierdie klein godjies te maak met die dwaal leer dat die mens lewe kan spreek.
God het die hele skeping tot stad gespreek, en God het gese, laat daar lig wees en daar was lig…….
God alleen is die skeppinde wese, die mens is die sondaar sonder almag om lewe te spreek.
Die mens kan lewe neem maar hy het geen mag om lewe weer terug te gee nie.
Leer eerder jou rangorde waar God op die leer staan en waar die mens staan.

Alice ·

Daar is sekere gawes wat aan mense deur God self uitgedeel word oa om siekes gesond te kan bid. Alles is slegs agv die bloed van Jesus wat gestort is. Die vyand wil jou juis laat glo dat as kind van God jy kwansuis magteloos is

Ronél ·

Ek dink jy sit die pot heeltemal mis. Die Bybel sê (Spr 18:21) “Lewe en dood lê in die mag van die tong.” God sê dit dan hier vir ons??
So wat ons heeldag sê en uitspreek oor ons self of iemand anders gaan tien teen een gebeur. Ek glo ons moet “lewe” spreek dmv positiewe gedagtes, woorde of beterskap op gesondheid of wat ookal, ek dink dis wat God wil hê ons moet doen.

SNEL ·

Ons veg nie teen vlees en bloed nie, maar teen die bose magte in die lug. (Efesiërs 6:12), net so kan ons in die geesteswêreld lewe of dood oor n situasie spreek. Hierdie vers praat nie van om n dooie weer in die lewe in te praat nie, maar om te glo dat al lyk dit hoe donker, die Here wil vir ons voorspoed en nie teenspoed gee nie, Hy wil vir ons n toekoms en n verwagting gee (Jesaja 29:11) net so moet ons in donker situasies die Here aanroep, maar ook dan nie negatiewe (dood) goed spreek nie, maar lewe oor daai situasie spreek. As iets onduidelik is in die Bybel, beteken dit nie dit is nie waar nie, (van Genesis tot Openbaring is alles die “real deal”) , dit beteken mens verstaan dit net nie en dan bid mens vir leiding en hulp en slaan na tot mens n antwoord kry. Buitendien, n god wat jy kan verstaan en draai om dinge te doen en jou te please is nie waardig om gedien te word nie, sleg n sovereine God wat in beheer is en Wie se gedagtes bo ons sin is, is waardig om aanbid te word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.