Gedagte vir die dag: Om te bid soos Jesus

vrou_bybel_bid_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Eenmaal was Jesus êrens besig om te bid. Toe Hy klaar was, het een van sy dissipels na Hom gekom en gesê: “Here, leer ons om te bid, net soos Johannes sy dissipels geleer het.” (Lukas 11:1)

Jesus se dissipels het Hom van een dorp na die volgende gevolg; in die woestyn in en oor die see. Hulle het Hom hoor bid om dankie te sê voor ete. Hulle het gesien hoe Hy elke oggend met sy Vader praat, en soms ook die hele nag lank. Selfs wanneer Hy baie moeg was nadat Hy die hele dag gepreek en siek mense gesond gemaak het, het Hy steeds ure in gesprek met God deurgebring.

Die dissipels wou soos Jesus bid. Jesus het geweet sy dissipels het ’n leermeester nodig om hulle die regte manier te wys (net soos Hy weet ons het vandag steeds leiding nodig). Daarom het Hy hulle gewys hoe gebed aanbidding is. Hoe gebed beteken dat ’n mens vra wat jy nodig het. Dat dit ook beteken ’n mens bely jou sondes en vra vir genade om ander mense te vergewe. Dat dit beteken ’n mens erken hoe jy teen sonde en die duiwel stoei en God se beskerming nodig het. Gebed beteken ons neem al ons behoeftes en vrese en liefde en lof na die Een wat elke woord hoor.

Wil jy leer om te bid? Volg dan net Jesus se voorbeeld. Die Here wil jou stem hoor.

Here, leer ons om soos Jesus te bid sodat ons al hoe nader aan U kan kom. Amen.

Bron: Hoop vir elke môre deur Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.