Om te gaan waar min mense sal waag om te gaan!

Foto’s: © Geopende Deure Internasionaal 2017

“Andrew, net dat jy hiér is, beteken meer as tien van die beste preke!” het ʼn ondergrondse kerkleier aan Broer Andrew, ook bekend as ‘God se smokkelaar’ gesê, tydens sy heel eerste Bybel-smokkelreis na Oos-Europa.

Hierdie eenvoudige ‘dankie’ het die belangrikheid van “daar wees” vir vervolgde Christene vir ewig op Broer Andrew se hart gebrandmerk. Daarom het hy voortgegaan om die vervolgde kerk oor die jare heen te besoek en Bybels te smokkel na van die gevaarlikste plekke op aarde.

Vandag, meer as 60 jaar later, is Geopende Deure steeds onwrikbaar in hul toewyding om “daar te wees” vir diegene wat vervolg word omdat hulle Jesus liefhet. Om te gáán waar min mense dit sal waag om te gaan, soos Noord-Korea, Somalië en Irak, om te bemoedig, te luister en te bid, sodat die Lig van Jesus Christus sal aanhou skyn in van die donkerste plekke op aarde.

Het jy geweet dat Noord-Korea tans dié gevaarlikste plek in die wêreld is om Christenskap te beoefen? Christene in die land word behandel soos kriminele en beskuldig van verraad, omdat die Kim-vorstehuis meen dat slegs die leier, Kim Jong-Un aanbid mag word. Indien ʼn Christen se geloof ontdek word, word die Christen, sowel as hulle families, in hegtenis geneem en jare lank aangehou in arbeidskampe – waar meeste dan ook sterf.

Maar dit is deur “daar te wees” dat ons vervolgde Christen-familie versterk word om te volhard in hul geloof. “Dankie dat julle ons ondergrondse kerk bemoedig en ondersteun. Julle gebede en ondersteuning help ons as geheime gelowiges om gereed te wees vir die geestelike stryd op die frontlinies van die geloof,” getuig een Noord-Koreaanse gelowige.

Nog ʼn Noord-Koreaanse Christen skryf: “Ja, Noord-Korea is steeds ʼn baie donker land en mense kry daagliks ontsettend swaar. Ja, daar is tans meer spanning weens Noord-Korea se missiel- en kerntoetse. Maar julle moet weet dat daar vandag meer Noord-Koreane tot bekering kom as nog ooit van te vore. Die geestelike stryd raak altyd erger wanneer die Here wonderlike dinge doen!”

Hierdie is die mense wat waarlik die ergste ly vir hulle geloof in Christus, en net soos met Broer Andrew se eerste smokkelreis, bly dit uiters belangrik om “daar te wees” vir hulle.

Jy kan meer lees oor die smokkelreise en wonderwerke in Broer Andrew se biografie “God se Smokkelaar”, wat ook die begin was van die internasionale organisasie en werk van Geopende Deure.

Kry jou kopie van “God se Smokkelaar” hier!

Geopende Deure dien vandag miljoene vervolgde Christene in meer as 50 lande in samewerking met plaaslike kerke en vennote, deur middel van gebedsondersteuning, die voorsiening van Bybels, Christelike materiaal, dissipelskap, lewensbestaansopleiding – en op verskeie ander maniere.

Sluit aan by Geopende Deure op Facebook, Twitter, YouTube en Instagram.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.