Gedagte vir die dag: Om te wen … of nié

hardloop_sonsopkoms_natuur_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: Pixabay.com

Aan God die dank! Hy voer ons altyd saam in sy triomftog omdat ons een is met Christus. (2 Korintiërs 2:14)

Dis lekker om te wen en om deel te wees van ’n wenspan. Dit gee ’n mens nuwe krag en energie en laat jou oor loop van vreugde.

Dit is egter nie lekker om te verloor nie. En verloor kom in verskillende gestaltes: Verloor in terme van ander mense se persepsie van jou en dit wat jy doen. Verloor in terme van verwagtinge wat nie gerealiseer het nie. Verloor met betrekking tot verspeelde kanse. Ongelukkig is wen én verloor deel van die lewe. Niemand wen altyd nie.

Dis die spyse van die lewe, die soet en die suur. Verloor kan jou so ontwrig en ontsenu dat jy nie weet hoe jy dit het nie. Daar is egter ’n wen in elke verloor as ’n mens reg en gelowig ingestel is. Verloor definieer nie wie ek is nie. Ek is groter as die verleentheid, hartseer en ontnugtering. Ek sal weer opstaan. Verloor dra ’n boodskap: Daar is nog werk wat gedoen moet word. Jy is nog nie klaar nie. Jy is nog nie bo nie. Nog nie.

Verloor slyp karakter. Dit bring ongewenste elemente in jou mondering na vore. Dit klik oor jou binneste. Dit wys op die dinge wat nog nie soos Jesus lyk en klink nie.

Verloor is ’n leerskool. Gryp die geleentheid aan om ’n beter, gesonder en suksesvoller jy te word.

Here, ek hou nie van verloor nie, maar ek weet U wil my leer. Amen

Bron:
Manne van die Woord deur Jannie Pelser
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

JJ ·

Baie dankie vir julle Stiltetyd boodskappe. Dit is baie inspirerend en opbouend. Geseende dag vir julle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.