Gedagte vir die dag: Om vrug te dra

Lemoen_boom_pixabay_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Sorg dat julle steeds groei in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus. (2 Petrus 3:18)

Hoe kan ’n mens lewe volgens God se plan en met vertroue die toekoms ingaan? Deur vir jouself en jou eie selfsugtige doeleindes te lewe, lei eenvoudig tot geestelike steriliteit. So kan jy nie geestelik groei en vrug dra nie. Die antwoord lê daarin om te groei in jou kennis en die genade van Christus. Dit is slegs moontlik wanneer jy ’n nuwe lewe aanneem deur weergeboorte en die middelpunt van jou lewe van jou self af na God toe verskuif. Jy bereik dit deur jouself volkome oor te gee aan God. Dit is God se genade wat jou verplant uit die arm grond van sonde en selfgesentreerdheid na goeie grond waarin jy vrug dra deur die Gees.

Genadige Vader, bewaar my deur die krag van Jesus van my eie selfsugtige planne. Amen.

Bron: My gunsteling Bybel oordenkings
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.