Gedagte vir die dag: Om water van bevrediging uit te giet

 water-klip-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

… maar hy wou dit nie drink nie. Hy het dit as ’n offer vir die Here uitgegiet … (2 Sameul 23:16)

Wat was onlangs vir jou soos die “water uit die put in Betlehem se poort”: liefde, vriendskap of miskien ’n geestelike seëning? Het jy dit vir jou toegeëien, selfs terwyl die risiko bestaan dat jou siel kan skade ly, net om jouself te bevredig? Indien jy dit gedoen het, kan jy dit nie as ’n offer vir die Here uitgiet nie. Jy kan nooit iets aan die Here afstaan wat jy vir jouself begeer vir selfbevrediging nie. Indien jy sou probeer om ’n seën van God vir selfbevrediging aan te wend, sal dit jou bederf. Jy moet dit opoffer, giet dit uit vir God. Doen dít wat jou gesonde verstand afmaak as ’n absurde vermorsing.

Hoe kan ek vir die Here natuurlike liefde en geestelike seën uitgiet? Daar is net een manier: ek moet ’n wilsbesluit neem om dit te doen. Daar is sekere dinge wat ander mense doen wat nooit in ontvangs geneem kan word deur mense wat God nie ken nie, omdat dit menslik onmoontlik is om hulle te vergoed. Sodra ek besef dat iets vir my te wonderlik is, dat ek nie werd is om dit te ontvang nie, dat dit hoegenaamd nie vir ’n mens bedoel is nie, dan moet ek dit vir die Here uitgiet. Dan sal hierdie dinge wat ek ontvang het rondom my uitgegiet word soos strome lewende water (vgl. Joh. 7:38). En totdat ek by die punt kom waar ek hierdie dinge vir God uitgiet, hou hulle in werklikheid ’n gevaar in vir my geliefdes sowel as myself, omdat dit in wellus verander sal word. Ja, ons kan ook wellustig wees ten opsigte van dinge wat nie laag en gemeen is nie. Selfs liefde moet getransformeer word, deur dit vir die Here uit te giet.

Indien jy suur en verbitterd is, is dit omdat jy die seëninge opgegaar het wat God jou gegee het. As jy dit egter uitgegiet het, sou jy die aangenaamste mens op aarde gewees het. As jy altyd God se seëninge uitsluitlik vir jouself hou en nooit leer om enigiets vir die Here uit te giet nie, sal ander se visie van God nooit deur jou verbreed kan word nie.

Bron: My allerbeste vir Sy Hoogste deur Oswald Chamber
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Yvonne

Heilge Gees leer en lei my..Amen

Soethappie

Dankie Heer vir my geestelike seeninge. Dankie, my kind het werk gekry. Ek loof U