Gedagte vir die dag: Omdat Hy leef

boer-diversityreporter_com1.jpg

Argieffoto Foto: diversityreporter.com

Moet julle nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie. (Matt 6:34)

Wat Jesus natuurlik nié sê nie is dat ek en jy net heeldag Bybelstudie moet doen en nie hoef te werk nie. Dis nie waar nie! Stel jou eer daarin om met jou eie hande te werk, maar plaas jou lewensfokus op gehoorsaamheid aan God en nie die bekommernis van voortbestaan nie.

Daarmee saam preek Jesus nie ’n evangelie wat sê ons sal nooit sorge hê nie. Wat Hy wel sê, is dat ons nie die bobbejaan agter die bult moet gaan haal nie, maar ons eerder bepaal by wat voor hande is. Ons hanteer ons sorge in ons daaglikse wandel met Hom, en Hy besleg ons vrese omdat Hy in beheer is. Hy is ook nie net in beheer nie, Hy sorg ook vir ons.

Die ou liedjie lui: “Omdat Hy leef, sien ek kans vir môre. Omdat Hy leef, verdwyn my vrees.” Mag dit jou werklikheid wees. Die plek van bekommernis word vervang deur die heerskappy van Jesus.

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.