Gedagte vir die dag: Omgee is ons roete, nie oordeel nie

kinders_hardloop_veld_cannahealth_com.jpg

Foto: cannahealth.com

Laat ons mekaar liefhê omdat God ons eerste liefgehad het. (1 Johannes 4:19)

Henry Ward Beecher skryf: “Compassion will cure more sins than condemnation.” Inderdaad! Om mense te veroordeel, is om hulle af te skryf. Dis nie ons roeping nie. Ons is nie God se arrestasie-beamptes nie. Of godsdienstige vonnis-uitdelers en wetstoepassers nie.

Ek weet party godsdienstiges blink uit hierin, maar dit is nie die roete wat Christus vir ons bestem het nie. Hy roep ons op tot medelye en empatie. Beteken dit dan ons is blind en doof vir ander se sondes? Glad nie, maar ons stap altyd ’n pad van genade en herstel voor God saam met mense. Ons stap en leef hulle in die Here se lig in, nie nog dieper in skuldgevoelens en verwyte in nie.

Dit is in elk geval die Gees van God se werk om mense te oortuig van sonde en geregtigheid en oordeel, nie ons s’n nie. Ons roeping is om maar net sy lig te laat skyn. God sorg vir die res.

Bron:
Op God se genadepad deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Rens Roodt ·

Snert snert – Vader self se hy haat wat sleg is en vervloek ook wat sleg is – Esau haat Vader en Jakob het Hy lief – ons moet doen soos ons Hemelse Vader se ons moet doen – haat wat sleg is – oordeel die daad – reg is reg en verkeerd is verkeerd – Vader is liefdevol maar ook baie kwaai en streng en kom met die swaard – hou op om wat reg is verkeerd te maak en wat verkeerd is reg te praat – hierdie vsls profetering walg my

Kneg van die Allerhoogste ·

Sekondeer… Vermaan mens iemand dan oordeel mens ook volgens mense deesdae. Dis hoekom ons sit waar ons sit. Die sweer en kwaad wat ons moes uitroei en uitwerk word nou net gelos, nou sit ons met groot gemors waar alles aanvaar moet word. Ons sal gehaat word, want die waarheid het haatspraak geword. Keer terug na ons Vader se perfekte Wette en Sy Geregtigheid, dan sal als weer in plek val, maar die volk sê hulle wil nie… Hier kom nog groot dinge wat ‘n duur offer sal vereis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.