Gedagte vir die dag: Omgeeliefde

voete_beker_Stiltetyd.jpg

Foto: jamiegrubb.wordpress.com

As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is. (Johannes 13:35)

Net soos ’n spesifieke skooldrag vir ons wys aan watter skool sekere leerlinge behoort, wys ons omgeeliefde vir ander mense dat ons aan Christus behoort. Aan ons liefde vir ander mense word ons uitgeken as God se kinders.

Hulle omgeeliefde vir ander is die kenteken van Christene. Dis die een ding waaraan die wêreld kan sien dat hulle anders is. Kan jou vriende al aan jou liefde vir ander sien dat jý aan Jesus behoort?

Liefde, of dit ouerlik of vriendskaplik is, is essensieel offervaardig en noop jou om jou lewe vir jou vriende te gee. ~ George Santayana

Bron:  ‘n Lewe naby God – Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.