Gedagte vir die dag: Die omkeer

oggend_strand_stilte_boekevat_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot. (Klaagliedere 3:22–23)

Mense het al op smal rotslysies gelê en bid dat God iemand stuur om hulle te kom afhaal. Intussen is die soekgeselskap reeds op pad en doen hulle alles wat hulle kan om so gou as moontlik by die vermiste persoon uit te kom. Dalk voel jy ook asof jy jou op so ’n rotslys bevind. Sê dan vir jou­self: ‘God het my lief. God het my lief. Daar is geen einde aan sy ontferming nie. Daar is geen einde aan sy ontferming nie.’

Dit geld ook vir jou kind wat aan dwelms verslaaf is, jou vriendin wat kanker het en jou broer wat sy werk verloor het. God huil oor ons, Hy kry ons jammer, Hy wil ons help. Hy skep nuwe dae, Hy wil saam met ons van voor af begin. Dis ons wat soms uit sy arms losruk en ons eie koers kies, ons eie heil wil uitwerk, en dan bedroë daarvan afkom en God blameer.

Hanteer jou probleem stap vir stap. Hou moed – ’n nuwe dag bring nuwe hoop en moontlik daardie algehele ommekeer. Bly naby God. Jy sal nog ge­tuig hoe Hy jou gedra het toe jy nie meer kon loop nie. Dis Hý wat jou kind se geloof sal herstel en uit die dwelmgreep sal loskry, Hy wat jou vriendin sal genees, jou broer met nuwe werk sal seën en jou van daardie rotslysie sal af­haal. Jy sal uiteindelik besef dat julle deur die liefde van die Here nie vergaan het nie.

Here, ek wil getuig van u liefde, ek wil vir almal vertel hoe U my gered het. Ek het soveel dae, soveel jare aanhou vra en soms het dit gevoel asof ek in die afgrond gaan val, maar U was die heeltyd besig; ongesiens en stap vir stap het U my nadergetrek. Dankie, Here, dat U my uitgekies het.

Bron:
Liefde vir elke dag deur Helena Hugo
Uitgewer: Struik Christian Media

Boeke deur Helena Hugo is nou beskikbaar by CUM Boeke
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digital

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Chris Schutte ·

Baie dankie – die Here is waarlik groot in Sy liefde en genade!

Johan ·

Amen. Loof Hom Prys Hom met alles wat in my is deur Sy goedertierenheid en Almag bo alles weet ons sonder Hom is ons verlore. Laat ons altyd besef ongeag van tyd en tye is ons God al teenwoordig. Mag u elkeen Sy keursteen ervaar deur die dag en laat Ps 23:6 u elkeen sal volg. Geniet ‘n heerlike Blessing reën dag en mag Ons Koning ook sy lieflike waters in oorvloed uitstort in droë lande waar hul werklik ni meer water het nie. Wat ‘n besonderse voorreg om God te ken en met Hom ‘n verhouding te hê. Shalom.

SNEL ·

Pragtige gedeelte, baie dankie.
Johan baie dankie vir daardie seën wat jy oor ons uit Vader se hand spreek. Het dit so nodig vandag. Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly in lente van dae….Amen!!!!

Ano ·

Here, ek is op die rotslysie – sal U my asb kom haal? Dankie Abba Vader vir u genade.

lettie ·

Amen. Die Here is ons genadig, selfs in die kleinste probleem waarmee ons afhanklikheid na Hom gaan, help Hy ons. Mag God ons land seen en sy uitverkorene in die presidentstoel sit. Laat ons bid dat die egosentriese, eersugtige, magsugtige en korrupte en gierige leiers se mag verbreek dat hul soos gebrande papier se as in die wind wegwaai. Ek bid alreeds n paar maande vir dit en groot was my verwondering dat mugabe se mag afgebreek word. Prys die Heer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.