Gedagte vir die dag: Onbevlekte skoonheid

 Stlitetyd_Sonsondergang_stap_Juaniata-Badenhorst.jpg

Foto: Juanita Badenhorst

Aan Hom wat magtig is om julle onbevlek en met vreugde sy heerlikheid te laat aanskou. (Judas vers 24)

Wat ’n wonderlike gedagte, “onbevlek”. Ons is nou allesbehalwe onbevlek, maar ons Here sal ons nie onvolmaak laat bly nie. Ons sal dit almal eendag bereik. Al die juwele in ons Verlosser se kroon is van die beste gehalte, sonder ’n enkele fout.

Hoe sal Jesus óns foutloos maak? Hy sal ons met sy bloed reinig van ons sonde tot ons so skoon is soos God se reinste engel. Christene sal nie in die hemel uit plek wees nie. Ons skoonheid sal pas by die plek wat vir ons voorberei is. Wat ’n wonderlike dag sal dit nie wees nie! Sonde weg, Satan nie meer naby nie, en versoeking uit die weg geruim; en ons wat “onbevlek” vir God aangebied word!

Bron:
Elke Nuwe Dag, Eenminuut-Oordenkings deur Charles Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.