Gedagte vir die dag: Onbillike behandeling?

kind_klippies_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Julle as ouers sal tog nie vir julle kinders as hulle brood vra, klippe gee nie. Of as hulle vis vra, vir hulle slange gee nie. As sondige mense soos julle dan goed weet om goeie dinge aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle hemelse Vader goeie dinge gee aan hulle wat dit van Hom vra! (Matteus 7:9-11)

Ek maak graag vir my seuns kaas-en-spek-pasta, want dit is die beste, soos hulle sê. Dis vir my lekker om vir hulle iets te maak wat vir hulle lekker is. Ek hou ook daarvan om vir my seuns broccoli gaar te maak. Dis vir hulle aaklig, maar ek maak dit nogtans. Nie om goor te wees of hul pret te bederf of my gesag af te dwing nie. Ek maak dit, want ek weet van beter. Ek weet dit is goed vir hulle.

Om weg te kom van jou afkeer aan swaarkry, het te make met jou beeld van God die Vader, vir wie dit lekker is om jou gelukkig te maak. Hy is die Vader wat weet watter voedingstowwe jou siel sal voed.

Dit voel dalk vir jou of God net broccoli uitdeel. Dit voel dalk of jy sal naar word as jy dit net moet ruik. Jesus stel dit egter duidelik dat God jou nie ingeloop het nie. Hy het vir jou die lewe in oorvloed beloof (Joh. 10:10). Hy het boonop bewys daardie belofte op lewe is waar deur sy eie lewe neer te lê.

Jesus, dankie dat U my verseker dat my hemelse Vader my heel beste belange op die hart dra. Amen

Bron:
Omvou deur genade deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Andre ·

Baie dankie Dalene en Maroela.
Ek het eweskielik ‘n glimlag op my gesig… Ek het nog nooit so aan die swaarkry waardeur ek al wa gedink nie. Ag hoe verbly ek my in God se almag en wete van wat beste is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.