Gedagte vir die dag: Onderskei tussen reg en verkeerd

Foto: pixabay.com

Moenie takt en oorleg uit die oog verloor nie. Hou altyd daaraan vas. Dit sal jou lewe verryk en eer en agting vir jou bring. Jou pad sal veilig wees. (Spreuke 3:21-23)

Onderskeidingsvermoë is die vermoë om tussen reg en verkeerd, waar en vals, goed en sleg, belangrik en onbelangrik en godvrugtig en goddeloos te onderskei. Onderskeiding help jou om sake in perspektief te sien en die motiewe te verstaan van mense wat moontlik ’n sekere agenda het.

Onderskeiding wys vir jou die pad deur ’n see van moontlikhede voor jou. Wanneer jy onderskeiding aan die dag lê en jouself oefen om tussen reg en verkeerd te onderskei, kan jy die valstrikke en verwarring vermy waarin so baie mense hulle bevind. God belowe dat onderskeidingsvermoë jou veilig sal hou op die pad waarop Hy wil hê jy moet gaan.

Hoe kan jy beter onderskeidingsvermoë aan die dag lê?

Bron: Op vaste rots
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Tonet ·

Vertrou en luister na die Heilige Gees Hy sal jou wys en lei na die regte dinge en gedagtes ????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.