Laat almal sien hoe bedagsaam julle lewe. (Filippense 4:5)
Daar is niks sagkens omtrent hierdie wêreld nie. Daar is bitter min sagte landings en sagte woorde. Daar is min opregte warmte. Sagmoedigheid is iets wat ons op ’n kragtige en verbluffende wyse kan kenmerk as gelowiges in Jesus.
Die beste verduideliking wat ek nog ooit gehoor het van Petrus se opdrag om ’n “kalm en rustige” gemoed te hê (1 Pet. 3:4), is die volgende: Wees ongehinderd en moenie mense hinder nie. Die konteks van Petrus se lering is die huwelik, en tog sal dit ons baat om die gewoonte aan te kweek om in al ons persoonlike verhoudings ongehinderd te wees en ook nie hinderlik nie.
Byvoorbeeld, as die pas verander of die pad in twee verdeel of die lewe sy gang gaan en daar afstand tussen jou en ’n vriendin is, besluit dat dit maar net ter wille van die groter groei van nuwe seisoene hoef te wees, en nooit om wonde te lek of wrokke te koester nie. As littekens onvermydelik is, vind genesing in genade en nie in ’n geskinder nie. Moenie gaan krap of por of kwetsende aanmerkings maak nie. Moenie hinder nie. Moenie oorsensitief wees of dinge té persoonlik opneem nie. Moenie gehinder word nie. Wees dapper genoeg om die sagmoedigste weergawe van jouself te wees.
Hoe kan jy vandag ’n uitstekende, pragtige vriendin wees: Ongehinderd en nie hinderlik nie?
Vader, maak my ’n sagte landing vir my vriendinne. Help my om ’n gelukkige, ongekompliseerde persoon te wees om lief te hê en te ken, tot u heerlikheid. Amen
Ek volg stiltetyd al baie lank met seën. My vraag is net: Hoekom is die laaste boodskappe net vir vrouens bedoel?
Frik ek lees ook gereeld stilte tyd maar ek dink is omdat dit die dagstukkie boek wat hul gebruik net vir vroue is
Ek is ook n vrou miskien moet mens maar net die vriendinne met vriend vervang en ook waar staan mans
Ditto, Frik. Alhoewel die boodskap universeel is, voel ons manne tog uitgesluit.
Ek voel net Lev 27 vers 29 is mal