Gedagte vir die dag: Ongehoorsaamheid bring oordeel

Man_veld_Bybel_Stiltetyd_.jpg

Foto: teachingthem.com

“Ons moet baie styf vashou aan die  boodskap wat ons gehoor het sodat ons tog nie dalk wegdryf nie” (Hebreurs 2:1)

Wie nie aan My verbind bly nie, word weggegooi soos ’n loot en verdroog. Hulle maak gewoonlik sulke lote bymekaar en gooi dit in die vuur en dit verbrand. (Joh 15:6).  Hierdie vers vorm deel van wat ek die ontstellende woorde van Jesus noem. Hoe graag wil ons nie met die ontstellende uitsprake van Jesus wegdoen nie! Maar kosbaar genoeg, selfs in Jesus se ontstellende woorde is daar vertroosting vir dié wat voor Hom buig. Ek het al gehoor mense sê hierdie woord van Jesus is Ou-Testamenties, want Hy het dit gesê vóór die kruisiging en opstanding. Dis baie slegte teologie!

Hierdie woorde van Jesus is so belangrik soos die Een wat dit sê. Jesus se verlossing is nie ’n produk wat  Hy vervaardig het en onafhanklik beskikbaar stel nie. Hy ís die verlossing. Die verlossing wat Jesus bied, is nie sonder voorwaarde nie. Hy is die voorwaarde vir verlossing én Hy is die verlossing. Bly getrou aan Jesus en ontvang die kroon van die lewe (Op 2:10). Draai jou rug op die Seun en verbeur die lewe. Die Hebreërs-skrywer weerspieël die apostels se begrip van hierdie woorde van Jesus: “Ons moet baie styf vashou aan die  boodskap wat ons gehoor het sodat ons tog nie dalk wegdryf nie” (Heb 2:1). Hy verduidelik verder: “Die woord wat God deur engele aan ons gegee het, het nog altyd onwrikbaar vasgestaan. Daarby is mense tereg gestraf vir elke oortreding van God se wet en elke daad van ongehoorsaamheid”  (v 2). Om in Jesus te bly, is nie ’n  eenmalige aksie nie. Dit is ’n deurlopende toestand.

Vader, u woorde bring lewe al is dit ontstellend.

Bron: Wees oor niks besorg nie deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.