Geseënd is hulle wat nie sien nie, en tog geglo het. (Johannes 20:29)
Job was een van die eerste mense in die Ou Testament wat gesê het: “Maar ek, ek weet dat my Verlosser leef, en dat Hy aan die einde op die aarde sal staan” (Job 19:25). Job het geweet wat dit beteken om in die lewende God te glo.
Ons kan Christene wees en steeds twyfel aan die volheid van die evangelie. Tomas was ’n dissipel wat Jesus baie liefgehad het, maar hy was tog nie ten volle oortuig dat Jesus werklik God, ons Verlosser, was nie. Tomas het gesê: “As ek nie die merk van die spykers in sy hande sien en my vinger in die spykermerke steek en my hand in sy sy steek nie, sal ek nóóit glo nie” (Johannes 20:25). Toe Tomas Jesus sien, was hy die eerste om Jesus te erken as Here en God, maar Jesus sê vir hom: “Glo jy nou nadat jy klaar gesien het? Geseënd is hulle wat nie sien nie, en tog geglo het” (vers 29).
As Christene kan ons in dieselfde strik as Tomas trap – ons glo net tot op ’n punt. As jy die volheid van God in jou lewe wil sien, moet jy ’n algehele gelowige wees. Elke woord is waar. Jesus kom terug; en daar lê ’n heerlike toekoms vir ons voor.
Here God, ek wil nie soos ’n ongelowige Tomas wees wat net glo wat ek kan sien nie. Ek wil soos Job wees en seker wees van wat vir my voorlê. Help my om te glo en u woord te aanvaar. Amen.
Amen amen en weer amen op daai vers!
kan nie ophou lees nie, dit trek jou soos n magneet aan.
Dit trek soos n magneet aan, jy kan net ophou lees nie