Gedagte vir die dag: Onkruid van twyfel    

berg_wolke_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Hoe lank sal hierdie volk my almag bly onderskat? (Numeri 14:11)

Werk hard om die monster van ongeloof hok te slaan. Dit is onkruid en ons kry nooit al sy saad uit die grond nie, maar ons moet aanhou probeer om by die wortel te kom. Dit is verfoeilik. En in jou geval, Christen, is dit soveel erger. Jy het in die verlede al so baie genadegawes van God af ontvang, hoe kan jy nou aan Hom twyfel?

Jesus het jou nog nooit enige rede vir twyfel gegee nie. Hy was nog altyd liefdevol en getrou. Hy het sy groot rykdom met ons gedeel. Hoe kan ons twyfel aan die almagtige, alles-toereikende God? Hy het meer as genoeg om in ons behoeftes te voorsien. Talle siele word deur Hom gevoed, en nie een gaan honger by Hom weg nie. Weg dus met die leuenagtige verraaier wat ons ongeloof noem! Hy probeer net die band tussen ons en Christus verbreek.

Bron: Elke nuwe dag deur Charles H. Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Helien ·

Baie ware woorde. Satan is altyd reg vir almal van ons en tog swig ons voor hom. Vader help ons om ons geloof sterk te hou en al die vrese uit ons harte weg te neem.

Sarie ·

Wat ‘n pragtige boodskap. Vader nog op die troon. Antwood nog gebede op die regte tyd.
Dankie vir die blessing vanoggend. Dankie Vader vir U groot Genade onbeskryflik groot.

Agie ·

AMEN
Dankie Here dat U altyd onveranderlik is.
EK IS.
Ons bid in totale afhanklikheid dat U ons lewens sal volmaak met die HEILIGE GEES en die saad van twyfel so sal uitroei en ons toerus met U krag en wysheid om ‘n verskil in ons land te bring.
Dit vra ons in die Naam van Jesus Christus
AMEN

christine ·

Amen dankie Heer dat U so getrou na ons omsien en dat U net die beste uit ons wil voorbring.
AMEN!!!!Prys die Heer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.