Gedagte vir die dag: Ons beste

 skape_lammers_veld_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Abel het die beste uit sy lammers, die eerstelinge van die seisoen, en van hulle vet as offer gebring. Die Here het Abel en sy offer aanvaar. (Genesis 4:4)

Dit wat ons gee, sê baie oor ons hart. Hoe meer tyd en voorbereiding die geskenk vereis, hoe meer sê dit: “Jy is vir my belangrik.” Hoe meer aandag aan detail bestee word, hoe meer sê dit: “Jy verdien die beste.” Hoe groter die persoonlike koste en opoffering, hoe meer sê dit: “Ek is lief vir jou.”

Dink na oor wat julle vandag vir die Here gee. Maak julle tyd om sy aangesig te soek, of druk julle Hom iewers in ’n hoekie van julle program in? Gee julle vrylik, of hou julle julle seëninge vir julleself? Help julle die huisgesin van God met oorgawe, of net waar dit die maklikste en gerieflikste is? Gee julle vir God julle toekoms, of maak julle julle eie planne om julleself te behaag? Is julle gehoorsaam, of koester julle ’n paar geheime sondes? God kan aan julle geskenke sien of julle harte aan Hom behoort.

Bring vandag vir Hom ’n offer wat Hom sal behaag. Bid en sê vir Hom dankie vir sy liefde. Vra vir Hom wat Hy wil hê julle moet doen, en gehoorsaam Hom saam. Sorg vir ander in sy Naam. Bely enige sondes waaraan julle vasklou. Gee vir Hom alles wat julle het om Hom te behaag.

Here, alles wat ons het, behoort aan U. Wys vir ons hoe om vir U die beste van ons tyd, energie en bronne te gee. Help ons om met oorgawe lief te hê. Amen.

Bron:
Mnr & Mev – 366 oordenkings vir egpare deur Rob & Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.