Gedagte vir die dag: Ons ewige hoop

see_oseaan_sonsondergang_pixabay_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Wat die sonde uitbetaal, is die dood. Maar God se genadegeskenk is die ewige lewe wat ons deel word deur Christus Jesus ons Here! (Romeine 6:23)

Weet jy waarheen jy gaan as jy vandag sou sterf? Dit is ’n vraag wat elke persoon moet beantwoord; dit is nie net ou mense wat daaroor moet nadink nie. Dit is nogal verstommend en hartseer, maar deesdae sterf amper meer jongmense as ouer mense. Almal is nuuskierig oor die lewe ná die dood. Ek glo as jy Jesus Christus liefhet en Hom as jou Here en Verlosser aanvaar, sal jy die ewige lewe beërwe en die koninkryk van God sien omdat jy wedergebore is. Ons fisieke liggame sterf dalk, maar ons gees gaan vir ewig by God wees.

Sommige mense beskryf die dood as die aanbeweeg van een kamer na ’n ander. Vir gelowiges is dit hoe die dood sal wees; ons sal die een oomblik in ons liggaam wees en die volgende by God. Die Bybel sê in 2 Korintiërs 5:8: “Ons hou moed, maar sou liewer uit die liggaam wil verhuis om by die Here te gaan woon.” Jy kan ’n Christen nie met die hemel bang maak nie. Dit is ons hoop en einddoel.

Kom ons wees soos Paulus wat met volle vertroue kon sê: “Want vir my is die lewe Christus, en die sterwe wins” (Filippense 1:21).

Vader, dankie dat my ewige hoop veilig is. Ek wil getrou bly aan U. Amen.

Bron: Vrede in sy teenwoordigheid deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Theuns ·

Wetenskaplikes, Kosmoloe, filosowe en ander staar na die skepping en is oorbluf deur wat hulle waarneem. Almal is dit eens dat daar n groot misterie, geheim in die skepping is en probeer al eeue lank om dit te ontrafel. Daar word ge-filofiseer oor sogenaamde meervoudige (multiverse) sterestelsels wat identies soos ons eie is en ook oor sogenaamde “wormholes”. As die mense tog maar net die bybel wil lees en glo dan het hulle al die geheim geweet! En dit is soos die skrywer se “Die skeiding van ligaam en gees by die aardse dood” is die groot geheim. En dit wat na die dood gebeur sal net aan gelowiges en die wat die wil van GOD doen geopenbaar word. Amen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.