Gedagte vir die dag:  Ons gebroke wêreld

hande_stiltetyd_oud_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Dit gaan goed met die mens wat sy hulp van die God van Jakob ontvang, die mens wie se hoop gevestig is op die Here, sy God. (Psalm 146:5)     

Met dié mense wat van God afhanklik is en van Hom hulp kry, gaan dit altyd goed. Hulle weet dat hulle met vertroue op God kan bly hoop omdat Hy ten spyte van die gebroke wêreld waarin hulle lewe vir hulle ’n nuwe wêreld in die toekoms beplan.

Omdat Hy steeds in volkome beheer bly, kan jy altyd op Hom hoop. Jy hét mos Jesus se belofte dat Hy self gegaan het om vir jou plek in die hemel te berei.

Om te sê dat ’n situasie “hooploos” is, en jou oor te gee aan wanhoop, is om die deur in God se gesig toe te slaan. ~ Charles Allen

Bron:  ‘n Lewe naby God – Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.