Gedagte vir die dag: Ons gedagtes

gods-window.jpg

Foto: God’s Window, Mpumalanga

Mag die Here julle gedagtes rig op die liefde van God en die volharding van Christus! (2 Tessalonisense 3:5)

Dink heeldag aan God se liefde, vul jou gedagtes met dankbaarheid. Dink aan Hom as jy ’n lig in ’n donker kamer aanskakel of ’n kraan oopdraai en daar kom skoon water uit. Dink aan hom as jy genoeg geld bymekaar kan skraap om hierdie maand weer alles te betaal, as jy werk het, jou kinders gesond is.

Rig jou gedagtes op Hom, maak seker dat jy die kleinste van sy gawes raaksien en waardeer. Sê nou jy draai die kraan oop en daar is nie water nie, jou skuld hoop op en die balju staan voor die deur, jy verloor jou werk en jou kinders word siek?

Dis alledaagse dingetjies, die lewe wat ons hier leef. Maar hoe sal ons dit regkry sonder God, hoe kan ons bly hoop sonder Jesus?

Ons sal swaarkry en seerkry in die loop van die lewe. Ons sal dikwels lus kry om op te gee. Dink dan hoe Jesus volhard het. Hy wat ’n legioen engele kon beveel om Hom uit die hande van sy martelaars te red – Hy het volhard omdat Hy ons liefhet. Daaraan kan ons vashou, en self volhard wanneer ons swaarkry.

Here, ek dink vandag ook aan my vriendin wat kanker het. Sy en haar dokters veg nou al jare lank teen die siekte wat dreig om haar van haar gesin af weg te skeur. Sy volhard ter wille van haar kinders. Hulle het haar so nodig. O, Here, ek bid vandag dat u haar gedagtes gevange sal neem en haar met u liefde sal oorweldig.

Bron:
Liefde vir elke dag deur Helena Hugo
Uitgewer: Struik Christian Media

Boeke deur Helena Hugo is nou beskikbaar by CUM Boeke
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digital 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Minx ·

Baie dankie vir die boodskappie ek lees dit elke oggend voor enige ander berig dit maak my meer hoopvol.
Ons bid ook vir die dame met kanker laat God se wil geskied. Amen

Louis ·

Amen. Ons bid saam met julle vir die vrou met kanker vir spoedige herstel. Dink net as al die 1 miljoen lesers van maroela saam bid vir die vrou en vir ons land, wat kan gebeur. Dankie vir elke oggend se boodsakap

Mien ·

Dankie. Dit is so waar dat dankbaarheid vir elke dag se genade ‘n mens se lewensuitkyk verander. Veral dankbaar om lekker warm en snoesig te kan slaap !

neelsie ·

Dit is geloof in God-drie-enig.
Geloof in Sy Woord.
En geloof gegrond op God se beloftes wat God van ons vra.
Mag ons geloof deur God se genade versterk word.

Marlina Erasmus ·

In hierdie deurmekaar wereld waarin ons leef…misdaad wat toeneem, finansiele druk, hartseer mense is dit net God se Liefde vir ons waaraan ons kan vasklou. Hy was en is en sal altyd daar wees vir ons want hy is in beheer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.