Dawid het by homself gedink: ek sal nog eendag deur Saul omkom. (1 Samuel 27:1)
Hierdie gedagte van Dawid was vals. Hy het geen goeie rede gehad om te dink dat sy salwing ’n leë belofte was nie. Die Here het hom nooit verlaat nie. Hy was dikwels in gevaarlike omstandighede, maar God het hom elke keer gered.
Twyfel ons nie op dieselfde manier aan God nie? Het ons ooit die geringste rede gehad om te twyfel aan ons Vader se goedheid? Het Hy ooit gefaal om ons vertroue in Hom te regverdig? Nee! Ons God het ons nooit verlaat nie. Ons het donker nagte beleef, maar die ster van sy liefde skyn deur die duisternis. Ons is dalk deur baie beproewings, maar hulle het altyd tot ons voordeel meegewerk. Here, vernietig ons ongeloof.