Gedagte vir die dag: Ons hoop op vrede

 Stilte-10.png

all-free-download.com

Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. (Filippense 4:6–7)

Nehemia het in sy voorneme geslaag omdat hy die werk wat hy van plan was om te doen van God gekry het en dit weer net so aan God oorgegee het. Hy het elke taak en elke probleem na Hom toe geneem en God het Nehemia wonderbaarlik geseën. Nehemia het sy werk met selfvertroue voortgesit, selfs in moeilike en gevaarlike omstandighede omdat hy heeltyd bewus was van God se nabyheid.

Wanneer jy jou werk vir die Here gee en dit doen asof jy dit vir Hom doen, nie vir jouself of vir eer en geldelike gewin nie, sal jy rustig raak en nie meer bang wees om te waag nie. Maak jou kop skoon van teleurstellings en hartseer, ook van vernederings wat jy al moes verduur as gevolg van mededingers wat agter jou rug gekonkel en geknoei het, jou van die beste geleenthede om te presteer ontneem en jou in ’n slegte lig by jou werkgewers gestel het. Sit alles wat onregverdig was agter jou, vergeet van snedige kritiek, afbrekende aanmerkings en skreiende ondankbaarheid. Konsentreer op die taak waarmee jy nou besig is. Die gejaag na sukses en die ewige kompetisie met jou kollegas en medewerkers sal in die agtergrond vervaag. Jy sal vrede vind en jou werk geniet.

Here, dankie dat U die spinnerakke van teleurstelling en vernedering uit ons gedagtes verwyder en dit vervang met berusting wat meebring dat ons werk nie meer ’n onaangename plig is nie, maar louter plesier aan U gewy.

Bron:
Liefde vir elke dag deur Helena Hugo
Uitgewer: Struik Christian Media

Boeke deur Helena Hugo is nou beskikbaar by CUM Boeke
Vir meer geestelike artikels besoek  Joy! Digital 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.