Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. (Rom 8:28)
Hoe wonderlik om te weet: God laat alles ten goede mee werk vir dié wat Hom liefhet. Dít is hoe Hy met sy kinders werk.
Ten spyte van al die gebrokenheid, al die seer in die wêreld, bly Hy in beheer, en daarom hoef ons nie oor enigiets bekommerd te wees nie. Hy sal alles goed laat uitwerk. Ons kry ook hierdie bevestiging in Psalm 138:8 waar ons lees dat die Here alles ten goede sal laat afloop omdat daar geen einde aan sy liefde is nie. Ek wil dit weer sê: Die Here sal sy doel met my bereik, want sy troue lief de ken geen einde nie.
Die Here sal nie die werk van sy hande laat vaar nie. En selfs ná die ergste ding wat jy kon doen, moet jy steeds weet God sal sy doel met jou lewe bereik – alles is nie verlore nie en Hy sal jou nooit verlaat nie.
Draai terug na Hom en weet sy troue liefde ken geen einde nie.