Gedagte vir die dag: Ons is nie alleen nie

reënboog.jpg

Foto: credomag.com

En onthou: Ek is by julle al die dae tot  die voleinding van die wêreld. (Matt 28:20)

Hierdie is Jesus se laaste woorde voor sy hemelvaart. “Ek is by julle.” Ek en jy kan net buitengewoon begin leef as ons dit glo en waag.

Ek weet van iemand in my gemeente wat ook gedink het sy is ’n Gideon. Sy was in haar eie oë maar baie onbelangrik. Sy is baie alleen en het begin om oor die internet vriende te maak. Sy het ’n vriendskap opgebou met ’n man in Skotland wat prostaatkanker gehad het. Hy was nie gelowig nie, maar eendag het sy net besluit om vir hom te bid. Nie lank daarna nie, het hy vir haar ’n boodskap gestuur waarin hy vir haar sê hy moet haar God vind. Sy het hom oor die internet na die Here toe gelei, en hy het die Here ontmoet.

Hoor mooi: Dit is ’n gewone mens wat net begin waag het. My vraag aan jou is dus: Is jy buitengewoon of is jy gewoon? Gaan jy gehoor gee aan die influistering van die Here as Hy jou vra om  ’n verskil vir Hom te gaan maak?

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.