Gedagte vir die dag:  Ons kan nie self nie

wynplaas_druiwe_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

’n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as dit nie aan die druiwestok verbind bly nie, en só julle ook nie as julle nie aan My verbonde bly nie. (Johannes 15:4)

Ons probeer dikwels so hard om die regte dinge te doen. En dan faal ons klaaglik. Ons probeer getrou bly. Dan verloor ons iewers weer die spoor. Ons intensie is om goed vir ander te wees … net om te beleef dat ons toe wéér seergemaak het.

God ken ons swakhede baie goed. Daarom het Jesus gekom en ons déél van God gemaak. En, toe Hy opgevaar het, die Gees self vir ons gegee het om ons deel van Hom te hou. Ja, die Gees van God is ín ons geplaas omdat Hy die Middelpunt van ons wil wees en vanuit sý krag ons tot enige iets in staat wil stel.

Jy hoef nie self te probeer nie. Jy hoef net deel te bly van die lewegewende konneksie met God deur toe te laat dat die Gees in en deur jou sý werk doen. Dis genoeg.

Dankie, Gees van God, dat ek, omdat U ín my is, tot soveel meer in staat is.

Bron: Krag vir elke dag deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.