Gedagte vir die dag: Ons land het gebede nodig

praying-handsPsalm 85:2,3 – U het u kinders baie lief, Here. U seën hulle land. Daarom het U hulle slegte omstandighede weg gevat. Hulle lewe het weer nuut begin. Al die dinge wat hulle in die verlede verkeerd gedoen het, tel glad nie by U nie. U het al hulle sondes vergewe asof hulle dit nooit gedoen het nie.

Ons woon in ʼn pragtige land. Daar is min lande in die wêreld wat kan spog met ons mooi kus en see. Voeg daarby die Drakensberge en die ongerepte Karoo. Om nie eers te praat van God’s window en die plantasie van Mpumalanga nie. Hier is soveel potensiaal en soveel geleenthede. Ons land is geseën met wonderlike mense- voorwaar ʼn reënboognasie. Elkeen van ons is ook deeglik daarvan bewus dat hier baie uitdagings is en soveel verkeerde dinge wat die lewe vir talle mense baie onaangenaam maak. Dit is hoekom die Here se kinders so ʼn groot verantwoordelikheid het om vir ons land te bid. Hier is ongelukkig baie bose elemente wat selfsugtig is en doodgewoon ingestel is daarop om hulself te verryk. Dit staan egter soos ʼn paal bo water dat God hierdie land en sy mense wonderlik kan gebruik om hier en in Afrika sy lig te laat skyn. Dit vra egter dat ek jy getrou vir ons land sal bid. Dit vra dat ons ons pragtige land en sy mense voor God se genadetroon sal oplig en sal intree vir ons land. Mag jou getroue gebede vir Suid-Afrika bydra tot ʼn al helder lig wat hier skyn.

Meer dinge is te danke aan gebed as wat ons in ons wildste drome kan voorstel. – Alfred, Lord Tennyson

Gebed: Here, seën ons land en sy mense. Ek kom bid dat u lig helder hier sal skyn. Kom deur u Gees en laat onreg aan die lig kom. Mag u genade, vrede en liefde heers in ons land.

Bron: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.