Gedagte vir die dag: Ons lieflike Rolmodel

voete_beker_Stiltetyd.jpg

Foto: jamiegrubb.wordpress.com

As Ek, wat julle Here en julle Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was. Ek het vir julle ’n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen. (Joh 13:14-15)

Ek is so dankbaar vir al die rolmodelle wat ek in my lewe het. Mans en vroue na wie ek kon opkyk om my gebreke in ondervinding en karakter te kon aanvul wanneer ek dit die nodigste gehad het. Onder hierdie mense is daar legendes. Nié omdat hulle bekend of vernaam is nie, maar omdat hulle aan my kon demonstreer dat Jesus die beste Rolmodel is. Hulle invloed in my lewe is die grootste.

Wanneer jou rolmodelle en helde erken en demonstreer dat Jesus hulle Rolmodel en Held is, het dit groot krag! Watter lieflike Rolmodel is Hy! Daar is niemand soos Hy nie. Sy lewe skyn soos ’n lig in die duisternis. Wat ’n voorreg om Hom as ’n Voorloper te kan hê!

Jesus is ’n model van ’n rolmodel. Aap Hom na in alles. As die wêreld hulle rolmodelle skaamteloos kan na-aap, hoekom sal ons suutjies om Jesus trap? Sy lewe is daar om te volg – volg Hom dan!

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.