Gedagte vir die dag: Ons moet mekaar liefhê

Liefde_seesand_Stiltetyd.jpg

Foto: Annelize Brits

Geliefdes, as God ons dan só tot die uiterste toe liefgehad het, moet ons ook mekaar tot die uiterste toe liefhê. Niemand het God nog ooit gesien nie; as ons egter mekaar werklik aanhou liefhê, leef God in ons optrede en het sy liefde in ons optrede  ten volle tot verwesenliking gekom. (1 Johannes 4:11-12)

Dis moeilik om te glo in iets wat ’n mens nie kan sien of aanraak nie, soos God. Die seer en swaarkry in die wêreld laat baie mense twyfel of God – en sy liefde – eg is.

Die Here kruip nie weg nie en Hy hou nie sy liefde geheim nie. Hy wil hê almal moet Hom sien en sy liefde ken. Hy openbaar Hom elke dag aan die wêreld – deur sy mense.

Wanneer ons in Jesus glo, word sy liefde deel van ons. Daardie liefde wys in ons houding en ons optrede. Dit skyn wanneer ons dié mense wat ons seermaak, vergewe. Dit skyn wanneer ons gee en deel en help en ander mense met goedheid en liefde behandel. Dit skyn wanneer ons geduldig en dankbaar is eerder as om te kla en eise te stel. Wanneer ons liefhet soos Jesus, wys ons vir almal hoe Hy lyk.

Waar liefde is, is God. Wanneer ons wil sien hoe die Here lyk, moet ons begin deur mekaar lief te hê. Hoe meer liefde in ons huis is, hoe beter kan ons vriende en bure Hom ook sien.

Here, verwesenlik asseblief u liefde in ons. Ons wil hê ons liefde moet ander mense help om U te sien. Amen.

Bron: Hoop vir elke môre deur Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.