Gedagte vir die dag: Ons smag na rein harte

klip-hart-boekevat.jpg

Foto: imageprest.com

Die mens se siel smag daarna om rein te wees. Dis soos wanneer jy ‘n dag lank in die son en stof gewerk het en dan lekker warm stort voor aandete. Die verligting! Die saligheid! Dis so lekker om skoon te wees. Dit is hoekom ons na reinheid van die siel smag.

Ons is voor God en mense besoedel en taai van die leuens, rebellie en gebroke verhoudings en ons siel smeek om reiniging. Vra Jesus om vandag jou hart en siel te reinig.

Skep vir my ‘n rein hart, o God. Gee my ‘n nuwe, standvastige gees. (Ps 51:12)

Dan was Ek julle met skoon water, en julle sal skoon wees. Ek maak julle skoon van julle vuilheid en julle afgode. Ek gee julle ‘n nuwe hart met die regte begeertes en ‘n nuwe gees. Ek vat die ou hart van sonde weg en gee julle ‘n nuwe, gehoorsame hart. (Esegiël 36,25-26)

Bron:
’n Anker vir die siel deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.