Gedagte vir die dag: Ons straf is reeds gedra

Doringboom_tak_Juanita-Badenhorst.jpg

Foto: Juanita Badenhorst

Volmaakte liefde het nie plek vir vrees nie; volmaakte liefde dryf die vrees uit omdat vrees nog met straf behep is. (1 Johannes 4:18)

Die verhouding wat God met elke gelowige het, is een van liefde en vertroue – net soos dié van ’n aardse vader met sy kind vir wie hy oneindig baie omgee. As gelowiges het ons God lief en erken ons Hom as die almagtige, ewige God wat bo elke mens verhewe is. Juis daarom is daar soms huiwering in mense se harte omdat hulle weet dat hulle heeltemal tekortskiet voor God. Dan ontstaan vrees vir God omdat hulle sy straf op hulle sonde vrees. Volmaakte liefde bestaan egter daarin dat Christus klaar die straf vir ons sonde gedra het en dat ons daar  om met volle vrymoedigheid voor God se troon kan verskyn omdat ons nie meer sy straf hoef te vrees nie.

Here Jesus, laat my in u oorvloed leef in die wete dat Jesus se kruisdood genoeg was om my straf voor U te dra. Amen.

Bron: My gunsteling Bybel oordenkings
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Yvonne

Dankie Here vir genade en verlossing