Gedagte vir die dag: Ons Voorspraak vir ewig by ons     

kosmos-en-windpomp-in-oos-vrystaat-deur-jb

Foto: Juanita Badenhorst.

Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle ’n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. (Joh 14:16-17)   

Jesus het vir Nikodemus gesê: “Jy moet opnuut gebore word.”

Nikodemus het gevra: “Hoe kan ’n mens gebore word as hy al ’n ou man is? Hy kan tog nie ’n tweede keer in sy moeder se skoot kom en gebore word nie?” Jesus het geantwoord: “Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom en waar hy heen gaan nie. So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees gebore is” ( Joh 3:1-8).

Op my plaas is ’n windpomp. Wat dryf die windpomp aan? Die wind. Kan ons die wind sien? Nee. Dit is presies hoe die Gees in ons werk. Ons kan Hom nie sien nie, maar mense kan die uitvloeisel van sy werk in ons sien.

Ek glo daar is baie mense wat vandag swak voel. Dit is nie nodig nie. Voordat Hy gesterf en na die hemel opgevaar het, het Jesus gesê: “Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle ’n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid” (Joh 14:16-17). God het vir ons sy Gees gegee. Dit is die Gees, ons Voorspraak, wat aan ons die krag gee om die taak te verrig waartoe God ons geroep het – om in die wêreld uit te gaan en die goeie nuus te verkondig (Mark 16:15). Die Gees self sal ons hiertoe bemagtig.

Dankie, my Vader in die hemel, vir die Voorspraak wat U vir ons gegee het, die Gees van die waarheid wat in ons woon en vir ewig by ons bly. Amen

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johan Oberholzer ·

Dankie vir soveel inspirasie met die afgelope week se teksverse. Dit is ongelooflik hoe elke dag se boodskap so insmelt met die vorige dag se boodskap.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.