Gedagte vir die dag: Ons ware tuiste

Stiltetyd-14.jpg

Foto verskaf aan Maroela Media

Kyk, Ek skep ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde. Die vorige dinge sal nie meer onthou word nie en nie in die gedagte opkom nie. (Jesaja 65:17)

Wanneer die sorge van hierdie lewe ons onderkry, laat ons onthou dat God ons verheerlik. Hierdie wêreld is nie ons ware tuiste nie. Ons moet daagliks daaraan herinner word hoe ontsagwekkend ons God is. Sy weë is hoër as ons weë. Wanneer Hy praat, gebeur dinge. God het geen beperkings nie. Waardeur ons ook al gaan, God is algenoegsaam en in staat om ons te help. Daar sal dinge wees wat ons nie verstaan nie, maar ons vind vertroosting in die wete dat Jesus as ons Bemiddelaar optree en ons op die regte paaie lei.

Elisabeth Elliot, die vrou van die vermoorde sendeling Jim Elliot, het ’n wonderlike bediening gehad en het hierdie waarheid gedeel: “Die hemel is nie hier nie, dit is daar. As ons alles wat ons wou hê reeds hier gekry het, sou ons harte in hierdie wêreld rus vind in plaas daarvan om na die hemel te hunker. God lok ons altyd weg van hierdie wêreld, Hy roep ons na Hom en sy steeds onsigbare koninkryk toe waar al ons hartsbegeertes vervul sal word.”

Genadige Vader, dankie dat ek altyd u troon van genade kan nader. Ek weet dat daar sommige dinge in hierdie lewe gebeur wat ek nie sal verstaan nie, maar ek vind troos in die wete dat ek U ken. U genade oorspoel my. Ek hou aan hierdie belofte vas en vra u hulp vandag. Amen.

Bron: Vrede in sy teenwoordigheid deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.