Gedagte vir die dag: Ontdek jouself

vrou_vrede_natuur_sonsopkoms_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: Pixabay.com

Wie sien sy eie dwalinge raak? Moet my tog nie straf vir sondes wat ek onwetend gedoen het nie. (Psalm 19:13)

Ontdek, al is dit maar net iets, van die grootheid en heerlikheid van God in sy onmeetlike en onbeskryflike skepping; word stil en kyk en luister en verwonder jou oor die asemrowende grootsheid … Ontdek God in sy volmaakte woord waardeur Hy met my en jou in mensetaal praat, ons begelei na ’n lewe van geluk en vrede. Eet die woord, laat die woord jou lewe deursuur en leef die woord.

En nou: Ontdek jouself!

Hoe lyk jy? Wie is jy? Hoe vind jy jouself in die heilige teenwoordigheid van jou Skepper-God? Hoe sien jy jouself in die lig van sy volmaakte woord? Ons probeer so baie keer vir God “sien” deur die oë van ’n selfsugtige en selfs veeleisende mens. Ons dring daarop aan dat God Hom in ons guns moet openbaar. Maar nou het ons in verwondering voor God kom buig en in ootmoed na sy woorde geluister. En dit bring ons dan by dié selfgetuienis: “Wie sien sy eie dwaling raak?”

Bron:
In die skadu van die Allerhoogste deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.